leaderboard latest news

Latest News

Enkelsnit vir die week – Johan Anker se Hoop en Bid

Enkelsnit vir die week – Johan Anker se Hoop en Bid

Johan Anker het aanhangers van The Voice SA van die eerste oomblik af beïndruk toe hy in 2016 aan die eerste reeks van hierdie realiteitsprogram deelgeneem en stoele laat draai het met sy hoendervleismooi weergawe van Hallelujah.

Die video van sy eerste oudisie is nie net deur meer as 250 000 mense op YouTube gesien nie, maar is ook gekortlys deur The Voice Global (internasionale forum) se blad as Suid-Afrikaanse videoverteenwoordiger van hunks wat aan die kompetisie deelgeneem het. Nou is hy weer in die kollig met sy debuut-enkelsnit, Hoop en Bid, wat pas bekendgestel is en beloof om luisteraars weer van vooraf te bekoor.

Hierdie liedjie, uit die pen van Vaughan Gardiner, is ’n mengsel van roerende lirieke en ritmiese melodieë, wat nie net in jou kop kom vassteek nie, maar jou ook sal laat nadink. Volgens Johan kan die snit beskryf word ‘Popera’ (Pop-Opera) met ’n onderliggende geestelike boodskap.

“Die liedjie gaan daaroor dat ons almal geluk en liefde verdien, ongeag van wie ons is. Daar is vir almal tye van hartseer, pyn of vrees en dis juis dan wanneer ons moet saamstaan!,” vertel die sanger.

“Ek dink luisteraars sal daarvan hou as gevolg van die boodskap. Mense is geneig om van iets te hou waarby hulle aanklank vind en dis ook hoekom die liedjie my aandag getrek het. Die doel van musiek is immers om ’n boodskap oor te dra. Ek het ook gedink dit laat my toe om lekker met my stem te speel en dat dit iets anders is as gewone kontemporêre musiek, want ons het ’n klassieke stem in ’n meer moderne konteks probeer plaas.”

Hoop en Bid is ook die eerste amptelike vrystelling vanaf sy debuutalbum wat in Augustus 2017 uitgereik word. Johan is baie opgewonde oor die vooruitsig en beskou dit as een van die hoogtepunte van sy loopbaan sover. Die CD kan hoofsaaklik beskryf word as ’n mengsel ligte Klassieke en Geestelike Musiek.

“Die hoofdoel van die album is om vir luisteraars hoop te gee. Daar is ook liedjies gekies wat vir my, persoonlik, iets beteken,” verklap hy entoesiasties. “Ons het regtig met die album probeer om ’n nuwe en vars gevoel te gee aan ’n klassieke stem.”

Die CD bestaan uit elf snitte, wat spesiaal omskep is om sy strelende stem pragtig ten toon te stel. Die oorspronklike snitte is deur ’n sterk span skrywers geskep en verwerk, maar Johan beplan om met sy volgende album meer betrokke te wees by hierdie proses. Hy verklap egter dat daar sekere treffers is wat hom baie na aan die hart lê.

“Daar is twee liedjies wat uitstaan as gevolg van persoonlike redes. Die eerste een is die Oorwinningslied, omdat dit is wat ek gesing het met my heel eerste solo-optrede toe ek nege was. Hoe Groot is U was die laaste lied wat ek gesing het op The Voice SA en dit is ook my pa se gunsteling-kerklied.” Indrukwekkende weergawes van treffers soos Romanz se My Hele Hart en Steve Hofmeyr se God se Bedelaar is ook op die album.

Wanneer die Oos-Kapenaar nie besig is om musiek te maak nie hou hy ook sy lyf akteur, aangesien hy met ’n BA-graad in Drama van Stellenbosch spog, waar hy onder die leiding van bekende regisseurs soos Marthinus Basson kon leer. Hy was ook al op die kassie te sien in ’n glimprol in een episode van die eerste seisoen van die kykNET-reeks, Boland Moorde. Tussendeur gee hy klas in Engels en Drama vir senior leerders by Die Nasionale Skool vir Kunste.

Volgens Johan put hy die inspirasie vir sy musiek uit persoonlike ervarings, wanneer hy hoofstukke kan deel uit jou persoonlike verhaal. Hy het groot bewondering vir sangers Steve Hofmeyr se werksetiek en Bobby en Karlien van Jaarsveld se goedhartigheid en sal eendag graag saam met Riana Nel, Joe Niemand en Corlea Botha wil werk.

Om die Volkslied by ’n internasionale rugbywedstryd te sing, is ook ’n droom wat hy graag wil verwesenlik. Die musiekbedryf het hom geleer om kanse te vat en geduldig te wees. “’n Mens is so geneig te wil handdoek ingooi en ek wou al hoeveel keer ophou sing, maar daar is altyd daai ‘stemmetjie’ wat vir jou sê om weer te probeer,” sê hy.

Johan Anker wil graag mense se lewens raak met musiek. Een van sy leerlinge het een keer vir hom gesê: “Jy lyk soos ’n lid van One Direction, maar jy klink soos Pavarotti en as jy sy goeie gene (fisies en musikaal) in ag neem, is dit beslis in die kol. Die moderne benadering en sielvolle vertolking van die liedjies op sy nuwe album en sy unieke stem, is die perfekte pasmaats vir ’n eindproduk wat nie net ’n omwenteling gaan veroorsaak in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie, maar ook diep in die publiek se harte gaan nesskop.

Snitte op die komende album:

  1. Hoop en Bid
  2. Hallelujah
  3. Liefling – (Gé Korsten)
  4. You Raise Me Up
  5. Houtkruis
  6. Oorwinningslied
  7. God se Bedelaar – (Steve Hofmeyr)
  8. My Hele Hart– (Romanz)
  9. Soos Wilde Riviere
  10. Deel Uit
  11. Hoe Groot is U

Luister na die enkelsnit op iTunes of Google Play.

Volg Johan op die volgende sosiale media skakels:

Twitter – @johananker_

Facebook – https://www.facebook.com/Johan-Anker-183160292045512/

Instagram: @johananker_

Vir besprekings kontak Johan by johanankerman@gmail.com.

Vir meer inligting oor die album en enkelsnit kontak Christien de Klerk by Christien.DeKlerk@umusic.com.

 

Get it Joburg West – November 2017


View magazine
 

Celebrate the special moments in life with Nomination

We’ve got a Nomination bracelet, with two special precious links to get your life story started, to give away …

 

Summer days + total protection = safe fun in the sun

So we love our skin. We love summer. And we love our readers … which is why we’re giving away a full set of SVR Sun Secure product range to one lucky reader!

 

This month we’re getting our smoothie on!

We’re giving away a Nutribullet plus 10 Blendid smoothie packs, so you can get blending too!

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.