leaderboard latest news

Latest News

Battle of the Mascots – Randfontein Skou

Battle of the Mascots – Randfontein Skou

Die jaarlikse Randfontein Skou is al vir meer as ’n dekade een van Gauteng se hoogtepunte van die jaar met duisende lede van die publiek wat van regoor die provinsie reis om ’n naweek saam met familie en vriende te spandeer.

Honderde stalletjies word elke jaar hier opgestel waar die publiek allerlei produkte kan aankoop, jonk en oud vermaak word deur sommige van SA se top kunstenaars and waar die jongspan rustig en veiling kan speel in die kinder area.
Hierdie jaar was daar egter nog ’n bonus vir bywoners van hierdie skou – die Tekkie Tax Battle of the Mascots.

Soos die naam sê is die Battle of the Mascots ’n pret hindernis waar die gelukbringers van verskeie liefdadigheisorganisasies en ander betrokke partye meeding om die gesogte titel as King of the Mascots. Hierdie jaar was die mededingers die gelukbringers Happy van Tekkie Tax, CANSA se Tok-Tokkie, Toys-R-Us se Geoffrey die kameelperd en Die Blou Hond teater se Flippie asook Dinky en Lollos van Azbiz.

Op ’n warm somersdag het die gelukbringers die hitte trotseer en met hope spangees die hindenisbaan aangedurf. Daar is deur hoepels gespring, op loopplanke gestap, balle geskop en reuse plastiek ringe oor kegels gegooi tot die vermaak van al die honderde bystanders. Uiteindelik het Geoffrey die kameelperd koning gekraai en is aangewys as die vinnigste van alle
gelukbringers, kompleet met ’n kroon en trofee.

Tekkie Tax is SA se prettigste, mees innoverende, unieke en suksesvolle nasionale fondsinsamelingsveldtog vir  welsynsorganisasies. Die veldtog het in 2013 begin toe ‘n paar van Suid-Afrika se grootste en mees verantwoordelike welsynsorganisasies koppe bymekaar gesit het. Sedert die ontstaan, het hulle reeds ‘n yslike R30.5 miljoen ingesamel vir
welsynsorganisasies wat deelneem.

Daar is 11 Nasionale Begunstigdes en hulle verteenwoordig meer as ‘n 1 000 plaaslike niewinsgewende organisasies. Hulle is: DBV takke, Epilepsie SA, verskeie Kindersorg organisasies, SOS Children’s Villages, Special Olympics SA, CANSA, Imisebeyelanga Services, VVA, NG Welfare, SAVF en RoleModels Foundation.

Besoek gerus www.tekkietax.co.za vir meer inligting.

 

Say goodbye to tough stubble!

We are giving away three BarberShop hampers!

 

In need of a really special treat?

Win a trip for two to Mauritius worth R75 000!

 

Fat Bastard. No. Not dad. Obviously. The wine.

We’ve got an extra special hamper to give away … and like love, it’s one you just can’t buy. A luxurious box with Fat Bastard Golden Reserve 2017, along with Dark Chocolate Coated Almonds.

 

A fairy tale for modern times

Being massive fans of everything royal (especially the recent wedding between Meghan Markle and Prince Harry) we absolutely cannot wait for the release of this 124-page royal bookazine, The Royal Wedding: A People Magazine Exclusive Collector’s Souvenir (R100).

 

Stand a chance to win a Pedigree hamper for your pup

PEDIGREE® will be giving 3 lucky readers each a chance to win a PEDIGREE® puppy pack hamper with all the essentials your little one needs to start off on the right track.

 

Sugar-free sweets to indulge your sweet tooth

Win a packet each from the four delicious flavours: Eucalyptus (fresh minty), Ginger-Orange (spicy citrus), Lemon (refreshingly tangy) and Salvia (zesty sage).

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.